Digterbydigter

Die digter kom naderby - ontmoet digters van verwante tale uit verskeie lande deur hulle gedigte. Aangebied as ’n roete onder die naam Digterbydigter-roete.


Vir wie is die Digterbydigter-roete?

Vir almal wat lief is vir Afrikaans, vir gedigte en om ook iets in ’n verwante taal, Nederlands, te lees en te geniet. Die Digterbydigter-projek bring hierdie gedigte na jou toe om te lees en te ervaar. Jy kan die roete as geheel volg, maar kan dit ook gedeeltelik stap of ry soos dit jou pas.

Wat bied hierdie lees-uitstappie vir jou?

Dit leer jou enkele gedigte uit die Nederlandse taalgebied ken sodat jy dit saam met bekende én onbekende Afrikaanse gedigte (digter by digter) kan lees en waardeer.

Wat is die taalgebied van Nederlands?

Net soos Afrikaans ’n taal is in ’n veeltalige konteks, is Nederlands ’n taal wat in ’n meertalige konteks gebruik word – nie net in Nederland nie, maar ook in België, Suriname en eilande in die Karibbiese gebied. Soos Afrikaans in lande as Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Waar is hierdie Digterbydigter-roete?

Die Mosselbaaise roete strek om Mosselbaai se Baai, vanaf Die Punt via Midbrak tot in Grootbrak. Inligting daaroor kan verkry word by die Mosselbaai Toerismekantoor, asook op die webwerwe van sommige winkels, kroeë, museums en ander plekke wat hieraan deelneem.

Hoe het die roete tot stand gekom?

Die missie van die Stichting Dibana is: Taal, ‘n wêreld van ontmoeting. Die woord Dibana kom van die isiXhosa woord dibana, wat ‘ontmoeting’ beteken. Daarom is die hoofdoel van die Stichting Dibana om mense deur taal te verbind en die rykdom van tale te laat ondervind. Hierdie roete bevorder ontmoeting met gedagtes van digters uit hierdie taalgebied.

Wie ondersteun hierdie unieke Digterbydigter-roete ?

Die Stichting Dibana in Nederland het met hierdie idée begin en dit word deur die Toerismekantoor in Mosselbaai ondersteun. Oral waar die gedigte geplaas word, het die eienaars, winkeliers en ander medewerkers hul samewerking gegee. Kyk gerus na die webtuiste www.stichting-dibana.nl vir verdere inligting oor die werksaamhede.

Hoe is hierdie gedigte uitgesoek?

Daar is gefokus op temas soos die natuur, die see of menslike ervarings in vergelykbare gedigte uit ’n tydperk wat strek van ongeveer 1900 tot 2010. Die lengte van die gedigte is ook in ag geneem.

Watter digters se werk word hier uitgestal?

Digters wat poësie in Afrikaans of Nederlands as hulle moedertaal of tweede taal gepubliseer het en wat in bogenoemde lande woon of gewoon het. Die meeste adresse het kombinasies van twee gedigte (digter by digter). In restaurante word die gedigte op ‘n placemat aangebied of op ’n plakkaat aan die mure.

Voorbeelde:

Elisabeth Eybers is ‘n digteres van Suid-Afrika en van Nederland, waar sy op 46-jarige leeftyd gaan woon het. Sy het maar probeer aanpas aan die gewoontes van die ander kultuur, al is dit nie altyd maklik nie, soos die gedig Ode aan meneer de Laar bewys.

D.J. Opperman se gedig Vakansie en Paddas kom ooreen met die ervarings van mense wat in hul vrye tyd geniet van die natuur. Van die Nederlandse digter Voeten is die gedig Vogels (voëls).

Da is ’n digter Adam Small en een dramaskrywer Small. Hierdie staproete toon sy gedig Dood saam met die Nederlandse digteres Vasalis se Eb.

Inligting oor Stichting Dibana en gifte vir taalaktiwiteite:

Hierdie stigting is gevestig in Nederland onder non-profit inskrywing en ANBI geregistreer. ANBI dui op ‘algemene nut bevorderende instelling’ wat afhanklik is van donateurs en gifte en opereer sonder winsoogmerk.

Epos: info@stichting-dibana.nl


Baie dankie!